Hoërskool Fichardtpark
Fichies
 
Cheerleaders

Die Fichardtpark Lions Cheerleaders is ‘n groep entoesiastiese en hardwerkende atlete wat ure se oefening insit om hul sport te bemeester en te vervolmaak.

Ons het twee spanne: All Girls (30 meisies) en Co-Ed (25 seuns en meisies).

Die Lions Cheerleaders het in 2018 ‘n eerste plek by die Nasionale kompetisie verwerf.

Hul is in beide die All Girls- en Co-ed -kategorieë as die nasionale wenners gekroon.

In 2019 het ons ‘n derde plek by die nasionale kompetisie behaal.

In 2019 neem 4 van ons Cheerleaders deel aan ‘n internasionale kompetisie in Orlando Florida, as deel van die Protea-Cheerleadingspan.

Ons is ook in 2019 vir die 8ste agtereenvolgende jaar as die “Champs of Champions” tydens die provinsiale byeenkoms gekroon.

Ons het ook Cheerleaders wat deel van die Vrystaat-span is, asook lede wat aan die SAMCA - proewe deelneem.

Die Cheerleaders toer vanjaar na Polokwane, en neem op 20 Junie 2020 deel aan die Nasionale kompetisie te Polokwane. Ons poog om hierdie jaar weer goud te wen!!