Hoërskool Fichardtpark
Fichies
 
Debat

Hoërskool Fichardtpark se debat vind in die tweede en derde kwartaal plaas. Die leerders vorm hulle spanne wat uit drie leerders bestaan.

Die juniorspanne is van gr 8-10 en die seniorspanne van gr 11-12. Daar was die vorige jaar 10 spanne wat aan die interne debatvoering deelgeneem het. Hulle praat onvoorbereid.

Dit beteken dat hulle die onderwerp ontvang en dan net 5 minute, as ‘n span, kry om voor te berei. Daarna kry elke spanlid ‘n beurt om sy standpunt te lig. Nadat altwee spanne ‘n spreekbeurt gehad het, is daar 7 minute tyd om vrae aan mekaar te vra.

Gedurende die derde kwartaal is dit die jaarlikse debatkompetisie wat deur Jip vir die Vrystaatse skole aangebied word.

Die redenaars van die skool neem ook jaarliks aan die ATKV deel.

Drama

Hier by Hoërskool Fichardtpark fokus ons nie slegs op sport en akademie nie, maar ook grootliks op kulturele aktiwiteite.

Drama is in 2005 as ‘n keusevak by ons skool ingestel en die leerder floreer in hierdie vak weens sy praktiese en akademiese aspekte.

‘n Hoogtepunt vir Drama is ons jaarlikse Musiekblyspel of drama produksie, wat deur meer as 800 mense bygewoon word.

Vorige produksies sluit in To love on Skid Row, Romeo en Julie het ‘n probleem, Hoërskool Blues, Boudjie van my Vroutjie, Rekenskap en Van Glas; al wie se regie deur Hoërskool Fichardtpark se eie Drama onderwyseresse, aangepak was.

Ongeveer 70 leerders neem gewoonlik deel en hulle kan getuig dat dit ‘n wonderlike en verrykende projek is.

Ons jaarlikse Drama toere na die Klein Karoo Nationale Kunstevees (KKNK) in Oudtshoorn of Kursusse voorsien hope pręt en stel leerders aan ‘n verskeidenheid kunsvorms bloot.

Die afgelope 3 jaar neem ons ook deel aan die ATKV Tienertoneel Kompetisie en behaal uitstekende prestasies in die streek.

As jy aan jouself ‘n uitdaging wil stel, jou selfvertroue ‘n hupstoot wil gee en lewenslange herhinneringe wil maak, wees dan deel van die Drama hier by Hoërskool Fichardtpark!

“Drama is life with the dull bits cut out.” – Alfred Hitchcock

VCSV

Die VCSV speel ook 'n belangrike rol in die geestelike verryking van die leerders. Verskeie kampe word deur die VCSV aangebied op Maselspoort, sowel as 'n April seekamp.

Hierdie geleenthede is van ontskatbare waarde vir die wat dit bywoon.

Dit is vir Hoerskool Fichardtpark baie belangrik dat die leerders die godsdiensgeleenthede wat in die skool aangebied word as eg sal beleef en dat daar 'n gesindheid van omgee in die skool sal bestaan wat die Christelike boodskap wat uitgedra word sal bevestig.

Hoerskool Fichardtpark het 'n aktiewe VCSV met ongeveer 750 lede, waarvan 130 kringleiers is.

Die kringleiers kom elke Dinsdagaand bymekaar vir Fix@Six Tydens hierdie geleentheid word hul voorberei om 'n boodskappie aan hul kringlede oor te dra.

Elke Woensdagoggend verdeel die skool in VCSV kringe om rondom die Woord van God te kuier.

Voortrekkers

Wees trots op jou Christenskap en Afrikaner Kultuur.

Die Voortrekkers is die veilige beweging waar jy hierdie Kultuur en Avontuur kan uitleef in die Natuur.

Met moderne tegnologie leer kinders vaardighede van ruimtevaart, kaart en satelietkompas, jag en wildbeheer, water veiligheid, 4×4 roetes en stap en toer, en vele meer lewensvaardighede.

Vir meer as 85 jaar ontwikkel die Voortrekkers suksesvolle dinamiese individue wat gesag erken maar ook leiding kan neem.

Ale ouderdomme jonk en oud is welkomby by enige Voortrekkerkommando regoor die Vrystaat.

Musiek & Koor

Hoërskool Fichardtpark het ‘n gemengde koor wat in 2018 uit 65 lede bestaan.

Sedert 2004 staan die koor onder die leiding van Dr. Joanita Erasmus-Alt.

In 2008 en 2010 het die koor suksesvolle toere na die buiteland onderneem met optredes in Praag, Budapest en Venesië.

Die koor presteer jaarliks tydens die Vrystaatse Kunswedstryd en die St. Michael’s Music Festival en het al verskeie A+ en A++ simbole behaal.

In 2017 het die koor ‘n konsert met Coenie de Villiers aangebied en vanjaar is Mathys Roets die gaskunstenaar tydens ons kers-, vers- en melodie-aand.

In Mei tree die koor in die Sand du Plessis-teater op as deel van die 2018-Moments-produksie saam met kunstenaars soos Corlia Botha, Sonja Herholdt en Jannie Moolman, om net ‘n paar te noem.

Fotografie

“Photography is a reality so subtle that it becomes more real than reality”- Alfred Stieglitz

Hoërskool Fichardtpark spog met sy eie fotografieklub en het al vele talentvolle fotograwe opgelewer.

Hier word nie net die basiese begrippe soos sluiterspoed, ISO en fokus geleer nie, maar elke leerder ontwikkel ook as opkomende fotograaf waar selfvertroue voor en agter die kamera gebou word.

Junior fotograwe leer die basiese begrippe en kameragebruik terwyl senior leerders gevorderde vaardighede aanleer en kennis maak met programme soos Lightroom en Photoshop.

Klasse geskied weekliks van 2-3 en 2 uitstappies o.a nag-, straat-, sport-, model-, en studiofotografie vind kwartaaliks plaas.