Hoërskool Fichardtpark
Fichies
 
Skiet

Skoleskiet is een van die sportsoorte by Fichardtpark wat baie goed presteer.

Alhoewel ons ‘n senior en juniorspan het, is dit eintlik ‘n individuele sport en skuts kompeteer baie hard met hulself en hul spanmaats om hul beste telling telkens te verbeter.

Ons skool is een van min skole in die Vrystaat wat ‘n baie netjiese en goed ingerigte, binnenshuise skietbaan het.

Provinsiale skietkompetisies, bekend as prysskiet, word geskiet in die binnenshuise baan.

Wat behels skiet:

Daar word geskiet met MPR en T200 gewere wat met gas en loodpellets werk.

Elke geweer het ‘n klein gassilinder wat telkens volgemaak word. Die skool voorsien duiksilinders vir hierdie doeleinde .

Daar word in kniel, staan en lč-posisies geskiet oor ‘n afstand van 10m, na ‘n kaart met met 20 teikens, wat soos ‘n klein kolletjie lyk op hierdie afstand.

Dit is ‘n sport wat ongelooflike selfdissipline, kalmte, inoefening en selfvertroue vra. Die leerders wat by skiet betrokke raak, raak verslaaf aan die sport.

Daar word elke dag vir langure geoefen op die baan.