Hoërskool Fichardtpark se debat vind in die tweede en derde kwartaal plaas. Die leerders vorm hulle spanne wat uit drie leerders bestaan.
Die juniorspanne is van gr 8-10 en die seniorspanne van gr 11-12. In die verlede was daar 10 spanne wat aan die interne debatvoering deelgeneem het.
Die leerders praat onvoorbereid, wat beteken dat hulle die onderwerp ontvang en dan net 5 minute, as ‘n span, kry om voor te berei.
Daarna kry elke spanlid ‘n beurt om sy standpunt te lig. Nadat altwee spanne ‘n spreekbeurt gehad het, is daar 7 minute tyd om vrae aan mekaar te vra.
Gedurende die derde kwartaal is dit die jaarlikse debatkompetisie wat deur Jip vir die Vrystaatse skole aangebied word.
Die redenaars van die skool neem ook jaarliks aan die ATKV deel.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.