Fichardtpark bied jaarliks die Fichardtpark skaaktoernooi tydens die Fichardtpark sportdag aan.
Dit vind gewoonlik plaas die eerste naweek in Maart. Gedurende 2020 was die toernooi 'n hoogs suksesvolle skaaktoernooi wat weer deur 22 spanne bygewoon is.
Ons spanne neem ook jaarliks deel aan die Grey - skaaktoernooi.
Ons skaakspanne neem ook gedurende die tweede en derde kwartaal deel aan die Chessa skaaktoernooi waar ons deelneem in O/15, 0/17 en O/19 ligas.
Ons skool het in die afgelope 10+ jaar telkens óf die liga waarvoor ingeskryf gewen óf is in die top 3 plekke geplaas.
Die individuele skaakspelers in Fichardtpark is van uitstekende gehalte. Ons het elke jaar verskeie leerders wat ook die Vrystaat op provinsiale vlak verteenwoordig.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.